After buying the Bundle of sounds online we receive a notification, and the sounds will be send to you via email within hours and you will be placed on our WhatsApp group to join. A nice group with lots of experts in the call hunting field to learn more.
Volume 2 het baie goeie roep, antw, reaksie, sosiale en lekker klomp kosvreet en tik roepjag geluide op wat al deur baie roepjagters suksesvol gebruik word regoor SA, NAM, Botwana en paar ander buitelande ook.
A nice bundle of call sounds that you can use and it comes with n spreadsheet to explain all the sounds and how I recorded it.
TOP QUALITY PREDATOR CALL SOUNDS
EG SUID AFRIKAANS
Safari-Hunt Vol 2 roep klanke en oorsprong van klanke.
- Luna Naderskuif SH
Is n teef jakkals +- 3 jaar oud wat so skreeu, ek het goeie sukses om nader aan n groep jakkalse te skuif en haar dan te gebruik. Hierna kan Karkas meester, Deno Baklei of VreetBaklei mix gespeel word goeie sukses daarmee gehad.
Die klank kan ook as n gewone jakkals roep gebruik word om n roepstand mee te begin.
- Luna Vloek SH
Hierdie klanke gebruik ek om hardegat jakkalse mee te Antwoord dit is n Challenge klank. Jy sal duidelik in die klanke die aggressie in haar stem hoor. Baie mooi klank.
- Luna Killer roep SH
Hierdie is n baie goeie roep klank wat ek baie reun jakkalse ingeroep het mee, ook tewe in paartyd. Een van my bestes.. Kry goeie terugvoering ook van ander jagters
- Luna Reaksie Antw SH
Hierdie is n Antwoord klank. Daar het n goep wilde jakkalse ver in die veld geroep toe Antwoord sy so op hulle Opgeneem 11/24
- Luna Antw 2 SH
Gebruik hierdie klank na Luna roep 2, dit het vir my baie jakkalse ingebring. Luna het n anderster bros stem wat goed aandag trek.
- Bella Antw 2 SH.
Bella wat so roep n goeie Antwoord klank
- Bella Vreetbaklei
Hierdie klanke is deur myself opgeneem Bella my teef jakkals wat so moun geluide maak, goeie klanke om jong jakkalse in te roep.
- Bella FluitAntwoord SH
Bella my teef jakkals wat so lekker roep op 1jaar en 3maande oud. Klank as enkel jak antwoord gebruik word selfs as n soekroep. Jakkalse antw my goed op die klank ook.
Ek het aanvananklik die klank as roepklank gebruik maar toe kom ek agtel dat hy vir meer gebruik kan word selfs as n eensame roep naby drinkplekke.
- Bella Reaksie Roep SH
N Goeie teef klanke om aggresiewe jakkalse mee te Antwoord, dit kan selfs as n naderskuif klank gebruik word.
10 Deno Solo 1 SH
Hierdie is n goeie roep klank wat ook goed werk as locator. Dit is net 3 joedels met n stilte tyd. Die klank is opgeneem in Sept waar Deno en n ander reun alleen was. N Baie mooi klank top3
- Jakkielou Roep 2 SH
Hierdie is n roep klanke e nook n goeie locator klank
- Jakkielou Killer roep SH
Ook n roepklanke en locator
- Jakkielou Reaksie 2 SH
N goeie solo jakkals klank, N baie goeie reaksie klank om aggresiewe jakkalse mee te Antwoord daarna gebruik baklei klanke.
Die klank het al vir my goed gewerk by n nes opgevolg met kleinjakkals distress klank. Teef en reun hol in om te kom kleintjies beskerm. Maar ook om mee terug te vloek.
- Deno Eensame Roep SH
Jong jakkals reun wat so rustig roep, hierdie klank kan jy gebruik op nuwe onbekende plaas waar jy nie info het nie gaan naby drinkplekke. Klank het ook al sukses gegee waar ek n reun geskiet het en terug gaan vir die teef. Speel hom 2 maal deur en sit stil.
- DenoVreet1 SH
N baie goeie vreet klank om na kosklanke te gebruik ek self het 100de jakkalse met die klank ingeroep. Self opgeneem waar Deno derms eet.
- PronkVreet SH
Hierdie is n baie goeie en ook n interesante klank, dit is my jakkals Jakkielou wat hierdie snaakse klanke gemaak het toe ek n teef jakkals by hom sit.
Goeie klank vir paartyd maar ek het ook buite paartyd sukses met dit gehad om hulle nuuskirigheid te prikkel
- Blou Apie Distress SH
Klein blou aap wat so skree, self opgeneem, n goeie distress klank om roofdiere se honger en nuuskierigheid te teiken enige tyd van die jaar.
- Springhaas Bontie SH
My heel beste springhaas klanke werk soos n bom, kan ook as n prikkel klank gebruik word. Ek het my meeste rooikatte met die klank ingeroep uitsteekend.
Reg deur die jaar
- Vlakhaas Hardrock SH
Een van my heel beste haas klanke wat al baie jakkalse en baie Rooikatte laai in hol het. Vir jakkalse volg hom op met Vlakhaas Vreet.
- Vlakhaas Vreet SH
Hierdie klank werk baie goed na jy Vlakhaas Hardrock gespeel het, hierdie klank het ook jakkals vreet en tik geluide in. Hierdie klank het 100de jakkalse laat val.
- SF Roep 1 SH
SF is n +-5 jarige reun wat baie agresief voorkom, Jy kan hierdie roep in hulle kerngebied speel.
- SF ReaksieRoep SH
Hierdie is n aggresiewe klank wat goed werk Apr-Jul in paartyd
- SF Reaksie Antw SH
Daai jakkals wat aggresief skree voor jy nog begin roep antw hom met die klank, speel hom eenmal deur dan sit stil.
- SF Naderskuif SH
Is n roepklank maar werk beter om nader te skuif mee.
- Baby jackal 2 SH
Dis my 2 klein jakkals teefies, 2 – 3weke oud. Bella en Lizzie wat skree van die hongerte. Hierdie klank kan gebruik word by die nes om ‘n teef of reun in te wag, na jy die ouers geskiet het. Skiet dan die kleintjies.
- Wit Kalfie Vreet SH
Hierdie is een van die heel beste kalfievreet klanke nog met jakkals vrete, baklei en tikke ingebou
- Meerkat Prikkel SH
N Goeie prikkel klankie om jakkals daai laaste stukkie in te bring
- Rooibok Vreet
N Lekker prooi vreet klanke vir jakkalse en selfs Hyenas
- Duette 1 SH
Hierdie is n goeie groep roep vir Okt-Mar ook n goeie locator klankie, jong jakkalse is lief om in te hardloop op hom. Jy kan jou roepstand afskop met hom antw met Bella FluitAntw.
- Karkas Meester 2.0 SH
Uitsteekende klank om jakkalse se nuuskierigheid te teiken
- Duiker Vreet SH
Duiker wat in distress is met jakkals vreet en tik geluide. Uitsteekende klank het vir my baie jakkalse ingebring
- Groep Reaksie Roep SH
Hierdie klank kan tydens April tot Jul gebruik word om aggresiewe stelle in te roep. SF en Luna wat so hulle area so vokaal afmerk.
- Bella & JLouw Territoriaal SH
My stel jakkalse wat hul gebied vokaal merk goed vir April – Jun
- Lechwe Tik Tik SH
N Lekker Lechwe distress klank met jakkals vreetbaklei geluide by. Goed om jakkalse, Hyenas en luiperds in te roep
- Vlakvarkie SH
Sommer net n lekker vlakvark in nood klankie.
- Jakkals SpitsTik 1 SH
Jakkals spitsTik is kort roep terg klankies wat ek so bymekaar gesit het, hierdie klank saam met baie geduld met n bietjie karkas meester na hom kan daai wha-wha jakkals nuuskierig genoeg kry om te kom kyk. Ek self het al baie sukses met die klank gehad.
Ek het al gooie sukses gehad met (JLouw Mooihuil roep en geantw met Jakkals spitstik) slim enkel jak ingebring
- Duiker Spits SH
Hierdie duiker het oor my pad gekom een aand op n jakkals jag by Spitskop Dam. Een van my heel bestes het al honderde jakkalse met hom ingebring ek rate hom hoog. Regtig een van my bestes.
- Steenbok Lam SH
N Baie goeie stadige steenbok Lam klankie wat jy reg deur die jaar kan gebruik werk soos n bom.
- Springbok Meester SH
Hierdie is n springbok rammetjie wat roggel en bler van nood, baie goeie klank reg deur die jaar.
- SpringbokVreet Cecil SH
N Uitsteekende springbok distress klank met jakkals tikVreetBaklei klanke by. Top klank
Ek vra asseblief dat u nie hierdie klanke sal uitdeel nie en liewer u vriende na my sal verwys om dit te bekom. Baie werk en tyd is hierin om dit so te kon kry. Ek myself jag 98% net met my eie klanke en het baie sukses.
info@safari-hunt.co.za
Baie Dankie Phillip Badenhorst Proffesionele Jagter












Reviews
There are no reviews yet.